Monday, June 27, 2011

The Vine Guys - Back to Basics

 OPTIMALE WINGERDPRAKTYKE: OPSOMMING

E Archer

  1. Kies die ligging volgens kultivar en wyndoelwit – massadraers op laerliggende, vrugbare gronde en eerste etiket kultivars op hoërliggende, blootgestelde, skraler gronde.
  2. Moenie probeer geld spaar op grondvoorbereiding nie. Skep die beste moontlike grondvolume vir gebufferde wortelstelsels (klimaatsver-andering).
  3. Plant sover moontlik in plantgate wat met ‘n vurk gemaak is. Kompakte plantgatwande inhibeer wortelgroei en –verspreiding vir die res van die wingerd se leeftyd. Plant altyd in die middel van die plantgat sodat die wortels eweredig rondom die stok versprei en verhoed onnodige inkort van wortels.
  4. Verseker regop stamme (gebalanseerde kordonne) en nou mikke met stokvorming – volledige benutting van die kordondraad. Moet nooit lote wat dunner is as potlooddikte met stokvorming gebruik nie.
  5. Gebruik die nouste moontlike rywydte (tonne/ha) en pas die in-ry stokspasiëring aan by die wisseling in grondpotensiaal (lowermikro-klimaat). Dit dra grootliks by tot homogene lootlengtes wat homogene rypwording verseker. Gebruik kort plantlyne en plant dwars oor die rye.
  6. Gebruik ‘n prieelstelsel wat pas by die doel van produksie: vertikaal met skuifdrade as die styl van die druiwe bestuur wil word en 2-draad heining met oopval lote vir 2de etiket wyne.
  7. Vir hoër gehalte druiwe kies ‘n ryrigting wat windbeweging in die ry af toelaat (afkoeling). Vir ander wyndoelwitte kies noord-suid ryrigting (hoër produksie).
  8. Verhoed te alle tye opbou van draers (herken die 1ste ogie op ‘n draloot) sodat die prieelstesel (blaaroppervlakte) oor tyd nie te klein word nie. Vernuwe draers gedurig en kies, waar moontlik, altyd die regopste draers.
  9. Waar Cazenave draereenhede gebruik word onthou dat daar altyd ‘n 1-oog tappie aan die onderkant moet wees en dat die eenhede nie nader as 30 cm vanmekaar moet wees nie – gebruik sover moontlik 5 tot 6 oë, behou die boonste 2 lote en suier die onderstes weg.
  10. Gebruik langdraers om gapings op die kordondraad (mikke en tussen stokke) toe te maak. Elke langdraer het ‘n 2-oog draer aan sy basis.
  11. Onthou snoei is die eerste stap in lowerbestuur. Suier die 1ste etiket wingerde 2 maal. Tweede etiket wingerde word eenmalig, vroeg (ogies vryf) gesuier. Onthou om lote vir vernuwing te los waar nodig. Die ideaal is om dmv korrekte langtermynpraktyke wingerde staan te maak wat minimale lowerbestuur nodig het.
  12. Verhoed kort top langs die kante – oneweredige rypwording.
  13. Blaaruitdunning op die ewekansige metode (moenie stroop nie) slegs indien nodig.
  14. Moet nooit sylote uitbreek nie – hulle verskaf die jonger blare wat in die finale stadium van rypwording noodsaaklik is.
  15. Druiwe-afgooi word net toegepas wanneer dit noodsaaklik (trosse op kort lote) is. Geld op die grond beteken vir niemand iets nie.

Sunday, June 26, 2011

Friday, June 24, 2011

In the vineyard with Prof. Eben Archer

The Vine Guys in the vineyard at Mischa